Jeremiah 39:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs hulle het gestuur en Jeremia uit die voorhof van die gevangenis geneem en hom aan Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, oorgegee, dat hy hom moes huis toe bring; daarom het hy onder die volk gaan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moes Jeremia uit die tronk haal. Hulle het hom in die sorg van Gedalja seun van Agikam, kleinseun van Safan, geplaas. Hy het Jeremia na sy huis toe gevat. So kon Jeremia weer tussen sy mense bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aan Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy dan onder die volk gebly. |
| Afrikaans 1983 | en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die paleiswag gebring en hom aan Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, oorhandig om hom huis toe te vat. Jeremia het daar tussen die volk gewoon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Jeremia uit die binnehof van die wagte se kwartiere laat haal. Hulle het hom aan Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, oorhandig om hom huis toe te neem. So het hy tussen die mense bly woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het mense gestuur en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die wagte gebring. Hulle het Jeremia vir Gedalja gegee en gesê hy moet Jeremia na sy huis bring. Gedalja was die seun van Agikam en Agikam was die seun van Safan. Jeremia het tussen die mense gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het Jeremia uit die tronk laat haal en vir Gedalja opdrag gegee om vir hom te sorg. Gedalja was die seun van Agikam en die kleinseun van Safan. Hy het Jeremia na sy huis toe teruggevat. So kon Jeremia weer tussen sy eie mense bly. |