Jeremiah 39:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Nebukadrésar, die koning van Babel, bevel gegee aangaande Jeremia aan Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Nebukadnesar van Babel het aan Nebusaradan, bevelvoerder van die koninklike lyfwag, opdragte oor Jeremia gegee. Hy het gesê:
Afrikaans 1933/1953 Maar aangaande Jeremia het Nebukadr,sar, die koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, en gesê:
Afrikaans 1983 Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan die hoof van die lyfwag beveel:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nebukadresar, die koning van Babilonië, het deur Nebusaradan, die aanvoerder van die lyfwag, oor Jeremia die volgende opdrag gegee:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan, die hoof-offisier, gesê wat hy met Jeremia moet doen. Hy het vir Nebusaradan gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Nebukadnesar het vir Nebusaradan ’n opdrag oor Jeremia gegee. Hy het gesê: