Jeremiah 38:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My heer die koning, hierdie manne het kwaad gedoen in alles wat hulle aan die profeet Jeremia gedoen het, wat hulle in die put gegooi het; en hy is soos om te sterf van die honger op die plek waar hy is, want daar is geen brood meer in die stad nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Meneer die koning, hierdie mans het ’n verkeerde ding gedoen deur vir Jeremia in die put te gooi. Hy sal gou van honger doodgaan, want omtrent al die brood in die stad is op.”
Afrikaans 1933/1953 My heer die koning, hierdie manne het verkeerd gehandel in alles wat hulle die profeet Jeremia aangedoen het, wat hulle in die put gegooi het; hy sal tog sterwe van honger op die plek waar hy is; want daar is geen brood meer in die stad nie.
Afrikaans 1983 “U Majesteit die Koning, die mense het die profeet Jeremia sleg behandel: hulle het hom in 'n put gegooi en hy sal daar van honger omkom, want daar is nie meer brood in die stad nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “My heer die koning, hierdie manne het verkeerd opgetree in alles wat hulle aan die profeet Jeremia gedoen het deurdat hulle hom in die opgaarput laat afsak het. Hy sal, waar hy ook al is, van honger omkom, want daar is nie meer brood in die stad nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Meneer die koning, hierdie manne het 'n slegte ding gedoen met Jeremia. Hulle het hom in 'n put gegooi sodat hy daar van honger moet sterf, want daar is nie meer kos in die stad nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U Majesteit, hierdie mans het ’n verskriklike ding gedoen deur vir Jeremia in die put te gooi. Hy sal van die honger doodgaan. Omtrent al die brood in die stad is op.”