Jeremiah 38:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, een van die eunugs wat in die huis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gesit het; die koning het toe in die poort van Benjamin gesit; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Baie belangrike amptenaar in die koning se paleis, Ebed-Melek die Etiopiër, het gehoor dat Jeremia in die put was. Die koning het toe in die Benjaminpoort gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, 'n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het -- die koning het toe in die Benjaminspoort gesit -- |
| Afrikaans 1983 | Maar Ebed-Melek, 'n Kussiet wat ontman was en in die paleis gewerk het, het gehoor dat Jeremia in die put gesit is. Die koning het toe in die Benjaminpoort gesit, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ebed-Meleg, die Kussiet, 'n eunug wat in die paleis was, het gehoor dat hulle Jeremia in die opgaarput geplaas het. Terwyl die koning in die Benjaminpoort sit, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Kussiet Ebed-Melek, 'n paleisbediende, het gehoor dat hulle vir Jeremia in die put gesit het. Die koning het in die Benjamin-poort gesit, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Baie belangrike amptenaar in die paleis met die naam Ebed-Melek het gehoor dat Jeremia in die put was. Ebed-Melek het uit Afrika gekom. In daardie stadium het die koning in die Benjaminhek gesit. |