Jeremiah 38:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle Jeremia geneem en hom in die put van Malkía, die seun van Hammeleg, wat in die voorhof van die gevangenis was, gegooi; en hulle het Jeremia met toue laat sak. En in die put was daar geen water nie, maar modder; daarom het Jeremia in die modder gesink.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Jeremia toe gevat en hom in die put van Malkija seun van die koning gegooi. Die put was in die gedeelte van die paleis waar die wagte gebly het. Hulle het toue gebruik om Jeremia te laat afsak. Daar was nie water onder in die put nie, net modder. Jeremia het in die modder weggesink.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malk¡a, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
Afrikaans 1983 Hulle vat toe vir Jeremia en gooi hom in die koning se seun Malkija se put in die binneplaas van die paleiswag. Hulle het vir Jeremia met toue laat afsak in die put waarin nie water was nie, net modder, en hy het in die modder ingesak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Jeremia gevat en hom laat afsak in die opgaarput wat in die binnehof van die wagte se kwartiere was, wat aan Malkija, seun van die koning, behoort het. Hulle het Jeremia met toue laat afsak. Daar was nie water in die opgaarput nie, maar modder, en Jeremia het in die modder ingesak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die amptenare vir Jeremia gevat en hulle het hom met toue in 'n put laat afsak. Die put het behoort aan Malkihu, die seun van die koning. Daar was nie water in die put nie, daar was modder, en Jeremia het in die modder ingesak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die amptenare het toe vir Jeremia gevat en in ’n leë put laat afsak. Hulle het toue gebruik om hom te laat afsak. Die put was in die gedeelte van die paleis waar die wagte gebly het. Dit het aan Malkija behoort. Hy was deel van die koning se familie. Daar was nie water onder in die put nie, net modder. Jeremia het in hierdie modder ingesink.