Jeremiah 38:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die vorste vir die koning gesê: Ons smeek u, laat hierdie man gedood word, want so verswak hy die hande van die krygsmanne wat in hierdie stad oorbly, en die hande van die hele volk, deur sulke woorde te spreek tot want hierdie man soek nie die welsyn van hierdie volk nie, maar die seerkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die amptenare het vir die koning gesê: “Hierdie man moet doodgemaak word! Die dinge wat hy sê, breek die moed van die soldate wat nog in die stad oor is asook van die gewone mense. Hierdie man se bedoelings is nie goed nie. Hy is ’n verraaier.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die vorste aan die koning gesê: Laat hierdie man tog gedood word, want so maak hy die hande van die krygsmanne slap wat in hierdie stad nog oor is en die hande van die hele volk deur sulke woorde tot hulle te spreek; want die man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar die onheil. |
| Afrikaans 1983 | Die koning se amptenare het vir hom gesê: “Hierdie man moet doodgemaak word, want hy maak die soldate wat nog in die stad oor is en die hele volk moedeloos deur so met hulle te praat. Hierdie man wil nie die volk help nie, hy wil hulle benadeel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •hoë amptenare sê toe vir die koning: “Hierdie man moet tog doodgemaak word! Op stuk van sake is hy besig om die hande van die krygsmanne wat nog in hierdie stad oor is, en die hande van die hele volk, lam te maak deur hierdie woorde vir hulle te sê. Ja, dié man soek nie vrede vir hierdie volk nie, maar teenspoed.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare het vir die koning gesê: “Asseblief, hierdie man moet sterf, want hy sê hierdie dinge en dit maak die manne moedeloos wat oorgebly het in die stad. Hy maak ook al die ander mense moedeloos. Hy wil nie hê dit moet goed gaan met hierdie mense nie, hy wil hê dit moet sleg gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die amptenare het vir die koning gesê: “Koning, Jeremia moet doodgemaak word. Hy het ’n slegte invloed op die soldate wat nog in die stad oor is. Die goed wat hy sê, breek die soldate se moed. Maar nie net die soldate s’n nie, ook dié van die gewone mense. Hierdie man se bedoelings is nie goed nie, hy doen net skade aan die mense.” |