Jeremiah 38:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het al die vorste na Jeremia gekom en hom gevra, en hy het hulle vertel volgens al hierdie woorde wat die koning beveel het. En hulle het opgehou om met hom te spreek; want die saak is nie raakgesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die amptenare het toe ook na Jeremia toe gekom. Hulle wou weet hoekom die koning hom laat kom het. Maar Jeremia het geantwoord soos die koning hom beveel het om te sê. Hulle is by hom weg sonder om die waarheid uit te vind. Niemand het gehoor wat tussen die koning en Jeremia gesê is nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe het al die vorste by Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het aan hulle mededeling gedoen volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het. Toe het hulle hom met rus gelaat; want die saak het nie bekend geword nie.
Afrikaans 1983 Die amptenare het toe ook na Jeremia toe gekom en hom uitgevra, maar hy het vir hulle gesê net soos die koning hom beveel het. Hulle het vir Jeremia toe met rus gelaat, want hulle kon niks uitvind nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die hoë amptenare het toe na Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het hulle al hierdie woorde meegedeel, net soos die koning hom beveel het. Hulle het hom toe met rus gelaat, want die saak het nie rugbaar geword nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die amptenare het toe na Jeremia toe gekom en vir hom gevra wat hulle gepraat het. Hy het hulle geantwoord soos die koning gesê het, en hulle het hom gelos, want niemand het gehoor wat hy en die koning gepraat het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos verwag, was dit nie lank nie of die amptenare het by Jeremia uitgekom. Hulle wou weet hoekom die koning hom laat kom het. Maar Jeremia het geantwoord soos die koning hom gevra het om te sê. Hulle is by hom weg sonder om die waarheid uit te vind. Daar was niemand van hulle wat gehoor het wat tussen die koning en Jeremia gesê is nie.