Jeremiah 38:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet jy vir hulle sê: Ek het my smeking voor die koning gebring, dat hy my nie sou laat teruggaan na die huis van Jónatan om daar te sterf nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As dit so gebeur, sê vir hulle jy het my kom smeek om jou nie na die tronk by Jonatan se huis terug te stuur nie. Sê jy is bang jy gaan daar dood.”
Afrikaans 1933/1953 dan moet jy hulle antwoord: Ek het my smeking eerbiedig voor die koning gebring, dat hy my nie moet laat terugbring in die huis van Jonatan, om daar te sterwe nie.
Afrikaans 1983 moet jy vir hulle sê: Ek het by die koning kom pleit om my nie weer in die huis van Jonatan te sit om daar te sterf nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet jy vir hulle sê, ‘Ek het my smeekbede voor die koning gelê, dat hy my nie moet laat terugkeer na die huis van Jonatan om daar te sterf nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet jy vir hulle sê: ‘Ek het vir die koning kom soebat dat hy my nie moet terugstuur na die huis van Jonatan om daar te sterf nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia, as dit wel so gebeur, sê vir hulle jy het my kom smeek om jou nie na die tronk by Jonatan se huis terug te stuur nie. Sê jy is bang jy gaan daar dood.”