Jeremiah 38:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die vorste hoor dat ek met jou gespreek het, en hulle na jou toe kom en vir jou sê: Verklaar nou vir ons wat jy aan die koning gesê het, steek dit nie vir ons weg nie, en ons sal jou nie doodmaak nie; ook wat die koning vir jou gesê het:
Afrikaans (NLV) 2011 My amptenare kan daarvan te hore kom dat ek met jou gepraat het. Hulle sal sê: ‘Ons wil weet waaroor jy en die koning gepraat het. Wat het jy vir hom gesê? Jy moet niks vir ons wegsteek nie! As jy ons nie wil vertel nie, sal ons jou doodmaak.’
Afrikaans 1933/1953 En as die vorste hoor dat ek met jou gespreek het en by jou kom en aan jou sê: Vertel ons tog wat jy met die koning gespreek het; steek dit nie vir ons weg nie, en ons sal jou nie doodmaak nie; en wat het die koning met jou gespreek? --
Afrikaans 1983 As my amptenare uitvind dat ek met jou gepraat het en hulle kom sê vir jou: ‘Vertel vir ons wat jy en die koning gepraat het, moenie iets vir ons wegsteek nie, ons sal jou nie doodmaak nie. Wat het die koning vir jou gesê?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die hoë amptenare hoor dat ek met jou gepraat het en by jou kom en vir jou sê, ‘Vertel asseblief vir ons wat jy met die koning gepraat het. Moenie vir ons iets wegsteek nie, dan sal ons jou nie doodmaak nie. Wat het die koning vir jou gesê?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die amptenare hoor dat ek met jou gepraat het, dan sal hulle na jou toe kom en hulle sal vir jou sê: ‘Vertel asseblief vir ons wat jy vir die koning gesê het. Jy moet alles vir ons vertel, dan sal ons jou nie doodmaak nie.’ Hulle sal ook vir jou vra wat die koning vir jou gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My amptenare mag nie hoor dat ek met jou gepraat het nie. Hulle sal sê: ‘Ons wil weet waaroor jy en die koning gepraat het. Wat het jy vir hom gesê? Jy moet niks vir ons wegsteek nie! As jy nie vir ons wil sê nie, sal ons jou doodmaak.’