Jeremiah 38:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal hulle al jou vroue en jou kinders na die Chaldeërs uitbring; en jy sal nie uit hulle hand ontvlug nie, maar deur die hand van die koning van Babel gegryp word; en jy moet hierdie stad met vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hulle sal al u vroue en kinders na die Babiloniërs toe uitlei. U sal self ook nie ontsnap nie. Die koning van Babel sal u vang en die stad afbrand.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal dan al u vroue en u kinders na die Chaldeërs uitlei; ook sal u self uit hulle hand nie vryraak nie; maar u sal deur die hand van die koning van Babel gevang word, en hierdie stad sal met vuur verbrand word. |
| Afrikaans 1983 | “Al u vrouens en al u seuns sal uitgelei word na die Galdeërs toe en u sal nie uit hulle mag vrykom nie, want u sal deur die koning van Babel self gevange geneem word, en hierdie stad sal afgebrand word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Al u vroue en kinders gaan uitgebring word na die Galdeërs, en u self sal nie vrykom uit hulle hand nie, maar deur die koning van Babilonië sal u gevange geneem word, en hierdie stad sal afgebrand word. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Al jou vroue en jou seuns sal moet uitgaan na die Galdeërs toe, en jy sal ook nie vry kan wegkom nie. Ja, hulle sal jou vang en vir die koning van Babel gee, en hulle sal hierdie stad verbrand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hulle sal al u vroue en kinders na die Babiloniërs toe uitbring. U self sal ook nie kan ontsnap nie. Die koning van Babel sal u vang en hierdie stad afbrand.” |