Jeremiah 38:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, al die vroue wat in die huis van die koning van Juda oorgebly het, sal na die vorste van die koning van Babel gebring word, en daardie vroue sal sê: Jou vriende het jou aangepak en jou oorwin; jou voete het gesink in die modder, en hulle het teruggedraai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda agtergebly het, vir die offisiere van die Babiloniese koning gee. En hulle sal u dan spot: “‘U sogenaamde vriende het u in die steek gelaat! Hulle het u mislei. Noudat u voete in die modder gesink het, waar is u vriende nou?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk. |
| Afrikaans 1983 | al die vrouens wat nog oor is in die koning van Juda se paleis, sal uitgelei word na die koning van Babel se offisiere toe, en hulle sal sê: “ ‘Die koning van Israel se beste vriende het hom mislei, hulle het hom omgepraat; hulle het hom van die wal af in die sloot gehelp en hom toe in die steek gelaat.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, al die vroue wat in die huis van die koning van Juda oorgebly het, word uitgeneem na die bevelvoerders van die koning van Babilonië, terwyl die vroue sê, “ ‘Jou vertroude vriende het jou mislei en die oorhand oor jou gekry. Toe jou voete weggesink het in die slyk, het hulle teruggetree.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die vroue wat oorgebly het in die paleis van die koning van Juda, sal uitgaan na die amptenare van die koning van Babel en hulle sal sê: “ ‘Jou vriende het jou bedrieg, hulle het jou verkeerd laat besluit, nou sal jou voete wegsak in die modder, en jou vriende het gevlug.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die vroue wat nog in die paleis oor is, sal uitgebring word na die offisiere van die Babiloniese koning. Hulle sal sê: ‘U sogenaamde vriende het u in die steek gelaat. Hulle het u mislei. Noudat u in die moeilikheid beland het, waar is u vriende nou?’ |