Jeremiah 38:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jeremia sê: Hulle sal jou nie red nie. Luister tog na die stem van die HERE wat ek met jou spreek; so sal dit met jou goed gaan en jou siel lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Jeremia het geantwoord: “U sal nie aan hulle uitgelewer word nie. Wees gehoorsaam aan die Here en doen wat ek sê. Dit sal dan met u goed gaan en hulle sal u lewe spaar.
Afrikaans 1933/1953 Maar Jeremia antwoord: Hulle sal u nie oorgee nie. Luister tog na die stem van die HERE in wat ek aan u sê; dan sal dit goed met u gaan en u siel sal lewe.
Afrikaans 1983 Maar Jeremia het vir die koning gesê: “U sal nie uitgelewer word nie. Luister tog na die woord van die Here soos ek dit vir u meegedeel het. Dan sal dit goed gaan met u, en u lewe sal gespaar bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Jeremia het gesê: “Hulle sal u nie oorgee nie. Luister asseblief net na die stem van die Here, na dit wat ek vir u sê! Dan sal dit met u goed gaan; u sal u lewe behou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het gesê: “Die Galdeërs sal jou nie vir daardie mense gee nie. Koning Sedekia, jy moet asseblief luister en doen wat die Here sê. Dan sal dit goed gaan met jou en jy sal aanhou lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia het geantwoord: “Hulle sal u nie oorgee nie. As u doen wat ek sê, sal u aan die Here gehoorsaam wees. Dit sal dan met u goed gaan. U lewe sal gespaar word.