Jeremiah 38:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Hy wat in hierdie stad oorbly, sal deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes sterwe; maar hy wat na die Chaldeërs uittrek, sal lewe; want hy sal sy lewe as 'n buit hê en sal lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here sê: ‘Mense wat in hierdie stad agterbly, sal as gevolg van die oorlog, hongersnood of siektes sterf. Maar as mense hulle aan die Babiloniërs oorgee, sal hulle met hulle lewe daarvan afkom.’
Afrikaans 1933/1953 So spreek die HERE: Wie in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood of die pes, maar wie na die Chaldeërs uitgaan, sal lewe, en sy siel sal vir hom 'n buit wees, en hy sal lewe.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Elkeen wat in hierdie stad woon, sal deur oorlog of deur hongersnood of deur pes omkom, maar elkeen wat oorloop na die Galdeërs toe, sal lewe. Hy sal sy lewe red, al sal hy net met sy lewe daarvan afkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So sê die Here, ‘Wie in hierdie stad bly, sal sterf deur die swaard, hongersnood en epidemie, maar wie uitgaan na die Galdeërs, sal leef; hy sal sy lewe vir homself as buit behou en bly leef;’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het gesê: “Die Here sê: Elkeen wat in hierdie stad bly, sal sterf in die oorlog of van honger of van pes. Maar elkeen wat na die Galdeërs toe gaan, sal aanhou lewe. Hy sal niks anders hê nie, maar hy sal lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here sê: As mense in Jerusalem wil agterbly, sal hulle doodgaan as gevolg van die oorlog, of van honger, of van epidemies. Maar as die mense hulle aan die Babiloniërs oorgee, sal hulle bly lewe.