Jeremiah 38:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jeremia vir Sedekía: So spreek die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel; As jy sekerlik uitgaan na die vorste van die koning van Babel, dan sal jou siel lewe, en hierdie stad sal nie met vuur verbrand word nie; en jy sal lewe en jou huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het toe vir Sedekia gesê: “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: As u aan die offisiere van die Babiloniese koning oorgee, sal u en u familie bly lewe. Hulle sal dan ook nie die stad met vuur verbrand nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Jeremia vir Sedek¡a: So spreek die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: As u vrywillig uitgaan na die vorste van die koning van Babel, sal u siel lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie; en u sal lewe, u en u huis. |
| Afrikaans 1983 | Jeremia het vir Sedekia gesê: “So sê die Here die almagtige God, die God van Israel: As jy uitgaan na die koning van Babel se offisiere toe, sal jy jou lewe red en hierdie stad sal nie verbrand word nie. Jy en jou familie sal bly lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Jeremia vir Sedekia: “So sê die Here, die God van alle magte, die God van Israel, ‘As jy wel uitgaan na die bevelvoerders van die koning van Babilonië, sal jou lewe behoue bly, en hierdie stad sal nie afgebrand word nie. Jy en jou huisgesin sal leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jeremia vir Sedekia: “Die Here, die God wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: As jy uitgaan na die amptenare van die koning van Babel, dan sal jy aanhou lewe en dan sal hulle nie hierdie stad verbrand nie. Jy en jou huisgesin sal aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het toe vir Sedekia gesê: “Die Here is die God van Israel. Hy is sterker as alles en almal. Hy sê: As u u aan die offisiere van die Babiloniese koning oorgee, sal u en u familie bly lewe. Die stad sal dan ook nie verbrand word nie. |