Jeremiah 38:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het koning Sedekia vir Jeremia in die geheim gesweer en gesê: So waar as die HERE leef wat hierdie siel vir ons gemaak het, ek sal jou nie doodmaak nie, en ek sal jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sedekia het toe in die geheim vir Jeremia gesweer: “So seker as die Here leef wat vir ons lewe gee, ek sal jou nie doodmaak nie. Ek sal jou ook nie oorlewer aan die mense wat jou dood wil sien nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sweer koning Sedek¡a vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as die HERE leef wat aan ons hierdie lewe verleen het -- ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!
Afrikaans 1983 Sedekia het toe in die geheim 'n eed afgelê en vir Jeremia gesê: “So seker as die Here leef, Hy wat die lewe aan ons gee, ek sal jou nie doodmaak nie en ek sal jou ook nie uitlewer aan die mense wat jou wil doodmaak nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Sedekia het toe in die geheim vir Jeremia 'n eed afgelê: “So waar as die Here leef wat vir ons hierdie lewe moontlik maak: Ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Sedekia het met Jeremia gepraat waar niemand anders dit kon hoor nie, en hy het vir Jeremia belowe: “So seker soos die Here lewe wat vir ons die lewe gee, ek sal jou nie doodmaak nie, en ek sal jou nie vir die manne gee wat jou wil doodmaak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sedekia het toe in die geheim vir Jeremia belowe: “So seker as die Here leef wat vir ons lewe gee, ek sal jou nie doodmaak nie. Ek sal jou ook nie oorgee aan die mense wat jou dood wil sien nie.”