Jeremiah 38:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Jeremia vir Sedekía: As ek dit aan jou verkondig, sal jy my dan nie sekerlik doodmaak nie? en as ek jou raad gee, sal jy nie na my luister nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Jeremia het Sedekia geantwoord: “As ek die waarheid praat, sal u my doodmaak. En as ek vir u raad gee, sal u in elk geval nie na my luister nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Jeremia het Sedek¡a geantwoord: As ek u dit te kenne gee, sal u my nie sekerlik doodmaak nie? En as ek u raad gee, sal u na my nie luister nie.
Afrikaans 1983 Maar Jeremia het koning Sedekia geantwoord: “As ek dit doen, sal u my beslis doodmaak, en as ek u raad gee, sal u nie na my luister nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jeremia het egter vir Sedekia gesê: “As ek u inlig, sal u my nie sonder twyfel doodmaak nie? En as ek u raad gee, sal u tog nie na my luister nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het vir Sedekia gesê: “As ek alles vir jou vertel, dan sal jy my doodmaak, dit is seker. En as ek vir jou sê wat om te doen, dan sal jy nie na my luister nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia het koning Sedekia geantwoord: “As ek die waarheid praat, sal u my doodmaak. En as ek vir u raad gee, sal u in elk geval nie na my luister nie.”