Jeremiah 38:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het koning Sedekía gestuur en die profeet Jeremia na hom geneem in die derde ingang wat in die huis van die HERE is; en die koning het vir Jeremia gesê: Ek sal jou iets vra; steek niks vir my weg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag het koning Sedekia die profeet Jeremia laat haal. Hulle het mekaar by die derde ingang van die tempel ontmoet. Die koning het vir Jeremia gesê: “Ek wil jou ’n vraag vra. En moenie iets vir my wegsteek nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur koning Sedek¡a en hy laat die profeet Jeremia na hom bring in die derde ingang wat by die huis van die HERE was; en die koning het vir Jeremia gesê: Ek wil jou iets vra; steek vir my niks weg nie.
Afrikaans 1983 Koning Sedekia het die profeet Jeremia na hom toe laat haal. Die koning het by die derde ingang van die huis van die Here gesit en vir Jeremia gesê: “Ek wil jou iets vra, maar jy moet my die waarheid vertel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Sedekia het die profeet Jeremia na hom toe ontbied by die derde ingang van die huis van die Here. Die koning het vir Jeremia gesê: “Ek gaan jou iets vra; moet niks vir my wegsteek nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Sedekia het die profeet Jeremia laat haal om na hom toe te kom. Die koning was in die derde ingang na die tempel. Hy het vir Jeremia gesê: “Ek wil vir jou iets vra, en jy moet alles vir my vertel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het koning Sedekia Jeremia laat haal. Hulle het mekaar toe by die derde ingang van die tempel gekry. Die koning het vir Jeremia gesê: “Ek wil jou iets vra. En moenie iets vir my wegsteek nie.”