Jeremiah 38:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Ebed-Meleg die manne saamgeneem en in die huis van die koning onder die skatkis ingegaan en ou gegote kolle en ou vrot lappe daarvandaan geneem en dit met toue in die put na Jeremia laat afsak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ebed-Melek het toe die manne saam met hom geneem na ’n pakkamer onder die stoorkamer van die paleis. Hulle het lappe en ou klere daar gevind, wat hulle na die put toe geneem het. Hulle het dit met ’n tou na Jeremia toe laat afsak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Ebed-Meleg die manne met hom saamgeneem en ingegaan in die paleis van die koning onder die voorraadkamer en daarvandaan verslyte en geskeurde lappe geneem wat hy na Jeremia in die put met toue laat afsak het. |
| Afrikaans 1983 | Ebed-Melek het toe drie man saamgevat en hy is na die paleis se klerekas toe waar hy stukke klere, vodde, gevat het. Hy het dit na Jeremia toe in die put laat afsak met toue |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ebed-Meleg het die manne met hom saamgeneem en by die paleis na die kelder onder die stoorkamer gegaan. Hy het daaruit vodde van verslete en geskeurde klere geneem en dit met toue laat afsak na Jeremia in die opgaarput. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ebed-Melek het die manne saamgeneem en hulle het ou, stukkende klere uit die stoorkamer van die paleis gevat. Hy het dit met toue laat afsak na Jeremia in die put. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ebed-Melek het toe van die mense na die paleis toe saamgevat. Hy het lappe uit die pakkamer gaan haal. Hy het ook ou klere daar gekry. Hy het hierdie lappe en ou klere na die put toe gevat en dit met ’n tou na Jeremia toe laat afsak. |