Jeremiah 38:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning vir Ebed-Meleg, die Kusiet, bevel gegee en gesê: Neem van hier af dertig man saam met jou en haal die profeet Jeremia uit die put op voordat hy sterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het vir Ebed-Melek beveel: “Vat 30 mense saam met jou en trek Jeremia uit die put op voordat hy doodgaan.”
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die koning aan Ebed-Meleg, die Kusiet, bevel en sê: Neem hiervandaan dertig manne met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die put op voordat hy sterwe.
Afrikaans 1983 Die koning het toe die Kussiet Ebed-Melek beveel: “Vat drie man van hier af saam en trek die profeet Jeremia op uit die put voordat hy sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het Ebed-Meleg, die Kussiet, toe opdrag gegee: “Neem hiervandaan dertig man met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die opgaarput voordat hy sterf!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die koning vir die Kussiet Ebed-Melek gesê: “Jy moet gaan en jy moet drie manne saam met jou neem. Julle moet vir Jeremia uit die put optrek voordat hy sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het vir Ebed-Melek beveel: “Vat 30 van my mense saam met jou en trek Jeremia uit die put uit op voordat hy doodgaan.”