Jeremiah 37:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE, die God van Israel: So moet julle aan die koning van Juda sê wat julle na my gestuur het om my te raadpleeg; Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om jou te help, sal na Egipte terugkeer na hulle land.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here, die God van Israel, sê: Jeremia, die koning van Juda het jou mos na My toe gestuur om uit te vind wat gaan gebeur. Sê vir hom die leër van die farao is op pad terug Egipte toe. Sy plan was eintlik om julle te kom help.
Afrikaans 1933/1953 So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;
Afrikaans 1983 So sê die Here die God van Israel: Julle moet vir die koning van Juda deur wie julle na My toe gestuur is om My te raadpleeg, sê: Pasop! Die farao se leër wat vertrek het om julle te kom help, sal terugtrek na sy land Egipte toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So sê die Here, die God van Israel, ‘So moet julle vir die koning van Juda, wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg, sê: “Kyk, die leër van die farao wat uitgetrek het om julle te hulp te kom, sal terugkeer na hulle land, na Egipte toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Here, die God van Israel, sê vir die boodskappers van die koning: Sê vir die koning van Juda wat julle gestuur het om te hoor wat Ek sê: Die soldate van die farao het gekom om julle te help, maar hulle het omgedraai en teruggegaan na hulle land Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gesê: “Jeremia, die koning van Juda het jou mos na My toe gestuur om te kom uitvind wat gaan gebeur. Sê vir hom die leër van die farao is op pad terug Egipte toe. Sy plan was eintlik om julle te kom help.