Jeremiah 37:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Farao se leër uit Egipte uitgetrek, en toe die Chaldeërs wat Jerusalem beleër het, die tyding van hulle hoor, het hulle uit Jerusalem vertrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leër van die farao het uit Egipte opgetrek teen die Babiloniese leër wat Jerusalem omsingel het. Toe hulle hoor van die Egiptiese opmars, het die Babiloniërs van Jerusalem af teruggetrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het die leër van Farao uit Egipte uitgetrek; en toe die Chaldeërs wat besig was om Jerusalem te beleër, die tyding aangaande hulle hoor, het hulle van Jerusalem af opgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Die leër van die farao het uit Egipte vertrek, en toe die Galdeërs deur wie Jerusalem beleër is, dit hoor, het hulle van Jerusalem af weggetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die leër van die farao het uit Egipte uitgetrek en toe die Galdeërs, wat besig was om Jerusalem te beleër, berig kry daaroor, het hulle van Jerusalem af teruggetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate van die farao het uit Egipte gekom terwyl die Galdeërs Jerusalem van al die kante aangeval het. Toe die Galdeërs dit hoor, het hulle weggegaan van Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leër van die farao het uit Egipte opgetrek. In dié stadium het die Babiloniese leër Jerusalem omsingel en van die buitewêreld afgesny. Maar toe hulle van die Egiptiese opmars hoor, het hulle van Jerusalem af teruggetrek. |