Jeremiah 37:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Sedekía het vir Jehukal, die seun van Selemja, en Sefanja, die seun van Maäséja, die priester, na die profeet Jeremia gestuur om te sê: Bid tog vir ons tot die HERE onse God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog het koning Sedekia vir Jukal seun van Selemja saam met die priester Sefanja seun van Maäseja na die profeet Jeremia gestuur om te vra: “Bid namens ons tot die Here ons God.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Nogtans het koning Sedek¡a met Jugal, die seun van Sel,mja, en Sef nja, die seun van Maäs,ja, die priester, die profeet Jeremia laat weet: Bid tog tot die HERE onse God vir ons. |
| Afrikaans 1983 | Koning Sedekia het vir Jukal seun van Selemja saam met die priester Sefanja seun van Maäseja na die profeet Jeremia toe gestuur om te vra: “Bid tog vir ons tot die Here ons God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Sedekia het Jugal, seun van Selemja, en Sefanja, seun van Maäseja, die priester, met 'n boodskap na die profeet Jeremia gestuur: “Bid asseblief vir ons tot die Here ons God.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar koning Sedekia het vir Jukal seun van Selemja en vir die priester Sefanja seun van Maäseja gestuur om vir Jeremia te vra: “Bid asseblief vir ons tot ons God die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In elk geval, koning Sedekia het twee mans na Jeremia toe gestuur. Hulle was Jukal, ’n seun van Selemja, en Sefanja, ’n seun van Maäseja. Sefanja was ’n priester. Hulle moes vir Jeremia vra om namens hulle tot die Here te bid. |