Jeremiah 37:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het koning Sedekia bevel gegee dat hulle Jeremia in die voorhof van die gevangenis moes inlaat, en dat hulle hom daagliks 'n stukkie brood uit die bakkersstraat moes gee totdat al die brood in die stad op was. So het Jeremia in die voorhof van die tronk gebly.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Sedekia het opdrag gegee dat hulle Jeremia na die gedeelte van die paleis moes neem waar die wagte bly. Hulle moes ook elke dag vir Jeremia ’n brood gee wat van die bakkery af kom solank daar nog brood in die stad te kry was. So het Jeremia dan in die wagte se kwartiere gebly.
Afrikaans 1933/1953 Toe gee koning Sedek¡a bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet hou in die voorhof van bewaking en aan hom daagliks 'n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee, totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.
Afrikaans 1983 Koning Sedekia het toe beveel dat hulle vir Jeremia moet aanhou in die binneplaas van die paleiswag en elke dag vir hom brood moet gee uit Bakkerstraat totdat die stad se brood op was. Jeremia het toe in die binneplaas van die paleiswag gebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Sedekia het toe opdrag gegee, en hulle het Jeremia onder toesig gehou in die binnehof van die wagte se kwartiere. Hulle het vir hom elke dag 'n ronde brood uit die straat van die bakkers gegee, totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia in die binnehof van die wagte se kwartiere gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het toe gesê dat hulle vir Jeremia moet oppas in die binneplaas van die wagte. Hy het ook gesê dat Jeremia elke dag 'n brood moet kry van die bakkerstraat. Jeremia het brood gekry totdat al die kos in die stad op was. Jeremia het in die binneplaas van die paleiswagte gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Sedekia het toe opdrag gegee dat hulle Jeremia nie moes terugstuur na die tronk waar hy eers was nie. Hulle het hom na die gedeelte van die paleis gevat waar die wagte gebly het. Die koning het ook opdrag gegee dat hulle elke dag vir Jeremia ’n brood moes gee wat van die bakkery af kom. Hulle moes daarmee aanhou solank daar nog brood in die stad te kry was. So is Jeremia dan in die wagte se deel van die paleis aangehou.