Jeremiah 37:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, luister tog tog, o my heer die koning; laat my smeking tog welgevallig wees voor u aangesig; dat jy my nie laat terugkeer na die huis van Jónatan, die skrywer, nie, dat ek nie daar sterwe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Meneer, ek smeek u: Luister asseblief na my nederige versoek! Moet my asseblief nie na Jonatan se huis terugstuur nie. Ek sal daar doodgaan.”
Afrikaans 1933/1953 Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom en laat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jonatan, dat ek daar nie sterwe nie.
Afrikaans 1983 Maar luister tog nou na my, U Majesteit die Koning, dat ek my versoek tot u kan rig: Moet my tog nie terugstuur na die huis van die staatsekretaris Jonatan toe nie. Ek wil nie daar sterf nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou, my heer die koning, luister asseblief! Laat my smeekbede asseblief voor u gelê word: Moet my nie terugstuur na die huis van Jonatan, die sekretaris, nie, sodat ek nie daar sterf nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Meneer die koning, luister nou asseblief na wat ek vra: Moenie dat ek teruggaan na die huis van die sekretaris Jonatan nie, ek sal daar sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U Majesteit, ek smeek u. Luister asseblief na my nederige versoek! Moet my asseblief nie na Jonatan se huis toe terugstuur nie. Ek sal daar doodgaan.”