Jeremiah 37:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het koning Sedekía gestuur en hom uitgehaal; en die koning het hom in die geheim in sy huis gevra en gesê: Is daar enige woord van die HERE? En Jeremia sê: Daar is, want, het hy gesê, jy sal oorgelewer word in die hand van die koning van Babel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Later het koning Sedekia Jeremia in die geheim na sy paleis laat kom. Die koning wou van hom weet: “Het jy enige boodskappe van die Here vir my?” Jeremia het hom geantwoord: “Ja, ek het! U sal in die mag van die koning van Babel beland.” |
| Afrikaans 1933/1953 | het koning Sedek¡a gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huis in die geheim gevra en gesê: Is daar 'n woord van die HERE? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word. |
| Afrikaans 1983 | Later het koning Sedekia hom laat haal en in die geheim in die paleis vir hom gevra: “Is daar 'n woord van die Here af?” Jeremia het hom geantwoord: “Daar is. Jy sal in die mag van die koning van Babel uitgelewer word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Sedekia het hom laat haal. Die koning het hom in sy paleis in die geheim uitgevra; hy het gesê: “Is daar 'n woord van die Here af?” Jeremia het geantwoord: “Daar is.” Verder het hy gesê: “U sal oorgegee word in die hand van die koning van Babilonië.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Sedekia het eendag vir Jeremia laat haal om na die paleis te kom. Toe hulle twee alleen was, het hy vir Jeremia gevra: “Is daar 'n boodskap van die Here?” Jeremia het gesê: “Ja, daar is 'n boodskap. Die koning van Babel sal jou oorwin en hy sal jou vang.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In ’n later stadium het koning Sedekia vir Jeremia in die geheim na sy paleis laat kom. Die koning wou by hom weet: “Het jy enige boodskappe van die Here vir my, Jeremia?” Jeremia het hom geantwoord: “Ja, ek het ’n boodskap vir u! U sal aan die koning van Babel oorgegee word.” |