Jeremiah 37:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom was die vorste kwaad vir Jeremia, en hulle het hom verslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van Jónatan, die skrywer, want hulle het dit die gevangenis gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die amptenare was woedend vir Jeremia en het hom laat slaan. Daarna het hulle hom in die sekretaris Jonatan se huis laat opsluit. Hulle het sy huis in ’n tronk verander. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vorste het vir Jeremia baie kwaad geword en hom geslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van die skrywer Jonatan; want hulle het daar 'n gevangenis van gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Hulle was kwaad vir Jeremia en het hom geslaan en toe in die staatsekretaris Jonatan se huis wat in 'n tronk verander is, in die tronk gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •hoë amptenare was woedend vir Jeremia en het hom geslaan. Hulle het hom in 'n plek van aanhouding, by die huis van Jonatan, die sekretaris, geplaas, want hulle het daarvan 'n gevangenis gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare was kwaad vir Jeremia. Hulle het hom geslaan en toegesluit in die huis van die sekretaris Jonatan. Hulle het die huis verander en hulle het dit 'n tronk gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was woedend vir Jeremia en het hom laat slaan. Daarna het hulle hom in die sekretaris Jonatan se huis laat opsluit. Sy huis is in ’n tronk verander. |