Jeremiah 37:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jeremia: Dit is vals; Ek val nie weg na die Chaldeërs nie. Maar hy het nie na hom geluister nie, en Iría het Jeremia geneem en hom na die vorste gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het hom geantwoord en gesê: “Dit is nie die waarheid nie! Ek het geen planne om na die Babiloniërs oor te loop nie.” Maar Jirija wou nie na hom luister nie. Hy het Jeremia gearresteer en hom na die amptenare toe gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en Jir¡a het Jeremia gevang en hom by die vorste gebring. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jeremia het vir hom gesê: “Dis 'n leuen! Ek loop nie oor na die Galdeërs toe nie.” Maar Jirija wou nie na hom luister nie en het hom gevange geneem en na die koning se amptenare toe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jeremia het gesê: “Dit is nie waar nie! Ek wil nie na die Galdeërs oorloop nie.” Maar Jirija het nie na hom geluister nie, en hy het Jeremia gevange geneem en hom na die •hoë amptenare geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jeremia het gesê: “Dit is nie waar nie. Ek gaan nie na die Galdeërs toe nie.” Maar Jirija het nie vir Jeremia geglo nie. Hy het Jeremia gegryp en hy het hom na die amptenare gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het hom geantwoord en gesê: “Dit is nie waar nie! Ek het geen planne om na die Babiloniërs toe oor te loop nie.” Maar Jirija wou nie na hom luister nie. Hy het Jeremia gearresteer en hom na die senior amptenare toe gebring. |