Jeremiah 37:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy in die poort van Benjamin was, was daar 'n owerste van die wag met die naam van Iría, die seun van Selemja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia geneem en gesê: Jy val na die Chaldeërs toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe hy by die Benjaminpoort wou uitgaan, het ’n kaptein van die wagte met die naam Jirija hom gearresteer en beskuldig: “Jy wil oorloop na die Babiloniërs toe!” Jirija was ’n seun van Selemja en ’n kleinseun van Gananja.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy in die Benjaminspoort kom, was daar 'n voorman van die wag met die naam Jir¡a, die seun van Sel,mja, die seun van Han nja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde: Jy wil na die Chaldeërs oorloop!
Afrikaans 1983 Toe Jeremia by die Benjaminpoort uit Jerusalem wou uitgaan, het die wagte se leier, Jirija seun van Selemja, seun van Gananja, die profeet Jeremia gevange geneem en gesê: “Jy loop oor na die Galdeërs toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe hy by die Benjaminpoort kom, was daar 'n bevelvoerder van die wagte met die naam Jirija, seun van Selemja, seun van Gananja. Hy het die profeet Jeremia gevange geneem en gesê: “Jy wil na die Galdeërs oorloop!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe hy in die Benjamin-poort kom, het 'n offisier van die wagte vir Jeremia gegryp. Die offisier was Jirija seun van Selemja seun van Gananja. Jirija het gesê: “Jy wil nou na die Galdeërs toe gaan om saam met hulle te veg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar toe Jeremia by die Benjaminhek wou uitgaan, het ’n wag met die naam Jirija hom gevang en beskuldig: “Jy wil oorloop na die Babiloniërs toe!” Jirija was ’n seun van Selemja en ’n kleinseun van Gananja.