Jeremiah 37:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want al het julle die hele leër van die Chaldeërs verslaan wat teen julle veg, en daar het net gewondes onder hulle oorgebly, tog sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al kry julle dit reg om die Babiloniese leër te verslaan sodat net ’n paar gewondes in hulle tente oorbly, sal dit niks help nie. Hulle sal uit hulle tente strompel en hierdie stad aan die brand kom steek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want al sou julle die hele leër van die Chaldeërs wat teen julle oorlog voer, verslaan, sodat daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, dan sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand. |
| Afrikaans 1983 | en selfs al sal julle die leër van die Galdeërs verslaan wat teen julle kom veg, en daar bly net swaar gewondes in hulle tente oor, sal húlle kom en hierdie stad verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, al sou julle die hele leër van die Galdeërs wat teen julle oorlog voer, verslaan, en daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, sal elkeen van hulle weer opstaan in sy tent, en hulle sal hierdie stad afbrand.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ook as julle miskien al die soldate van die Galdeërs oorwin wat oorlog maak teen julle, dan sal die soldate wat seergekry het en in hulle tente lê, opstaan, en hulle sal hierdie stad verbrand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs al kry julle dit reg om die Babiloniese leër te verslaan sodat net ’n paar gewondes in hulle tente oorbly, dit sal niks help nie. Hulle sal doodgewoon optrek en Jerusalem aan die brand kom steek.” |