Jeremiah 37:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Sedekia, die seun van Josia, het in die plek van Konja, die seun van Jójakim, geregeer, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, in die land Juda koning gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sedekia was ’n seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het hom as koning oor Juda aangestel in die plek van Jojagin seun van Jojakim.
Afrikaans 1933/1953 En Sedek¡a, die seun van Jos¡a, wat Nebukadr,sar, die koning van Babel, koning gemaak het in die land Juda, het as koning geregeer in die plek van Gonja, die seun van Jojakim.
Afrikaans 1983 Sedekia seun van Josia het vir Jojagin seun van Jojakim wat deur koning Nebukadnesar van Babel as koning van Juda aangestel is, as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sedekia, 'n seun van Josia, vir wie Nebukadresar, die koning van Babilonië, as koning aangestel het in die land Juda, het as koning regeer in die plek van Gonja, seun van Jojakim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Sedekia seun van Jojakim het regeer ná Jojagin seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het vir Sedekia koning gemaak oor die land Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sedekia was die seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het hom as koning van Juda aangestel in die plek van Jojagin, wat ’n seun van Jojakim was.