Jeremiah 36:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur in die vyfde jaar van Jójakim, die seun van Josia, die koning van Juda, in die negende maand, dat hulle 'n vas voor die aangesig van die HERE uitgeroep het vir die hele volk in Jerusalem en aan die hele volk wat uit die stede van die stad gekom het. Juda na Jerusalem toe.
Afrikaans (NLV) 2011 In die vyfde jaar wat Jojakim koning van Juda was, in die laatherfs, is ’n vasdag vir die Here aangekondig. Al die mense het uit die dorpe in Juda en Jerusalem gekom om hierdie dag by die tempel by te woon.
Afrikaans 1933/1953 Want in die vyfde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle 'n vasdag voor die aangesig van die HERE uitgeroep -- die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.
Afrikaans 1983 In die negende maand van die vyfde jaar van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, is 'n vasdag in die teenwoordigheid van die Here vir die hele volk in Jerusalem aangekondig. Die hele volk het uit die stede van Juda in Jerusalem gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die vyfde regeringsjaar van Jojakim, seun van Josia, koning van Juda, in die negende maand, is die hele volk in Jerusalem, en die hele volk wat uit die dorpe van Juda in Jerusalem aangekom het, opgeroep vir 'n vasdag voor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die vyfde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het, in die negende maand. Al die mense in Jerusalem en almal wat uit die stede van Juda gekom het, het by die tempel bymekaargekom om 'n vasdag te hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het gebeur op ’n vasdag in die herfs, ’n dag waarop niemand moes eet nie. Jojakim was toe in sy vyfde jaar as koning van Juda. Die mense het uit die stede in Juda en Jerusalem gekom om hierdie dag by die tempel by te woon.