Jeremiah 36:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Barug, die seun van Nería, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur die woorde van die HERE in die huis van die HERE te lees in die boek.
Afrikaans (NLV) 2011 Baruk seun van Nerija het alles gedoen wat Jeremia hom beveel het. Hy het die boodskappe van die Here wat geskryf was vir die mense by die tempel voorgelees.
Afrikaans 1933/1953 En Barug, die seun van Ner¡a, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die HERE, in die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Baruk seun van Nerija het toe alles gedoen wat die profeet Jeremia hom beveel het: hy het die boek met die woorde van die Here in die huis van die Here gaan lees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Barug, seun van Nerija, het toe gemaak net soos die profeet Jeremia hom beveel het – om uit die boekrol die woorde van die Here in die huis van die Here voor te lees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baruk seun van Nerija het alles gedoen wat die profeet Jeremia vir hom gesê het. Baruk het in die tempel alles gelees wat hy op die boekrol geskryf het, alles wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baruk het alles gedoen wat Jeremia hom gesê het om te doen. Hy het wat in die boek geskryf was vir die mense by die tempel voorgelees.