Jeremiah 36:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Miskien sal hulle hul smeking voor die aangesig van die HERE bring en elkeen van sy verkeerde weg bekeer, want groot is die toorn en die grimmigheid wat die HERE teen hierdie volk uitgespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Miskien sal hulle die Here om genade smeek en ophou om so sleg te lewe. Die Here is baie kwaad. Hy het oordeel oor hierdie volk aangekondig.”
Afrikaans 1933/1953 Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die HERE kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die HERE teen hierdie volk uitgespreek het.
Afrikaans 1983 Miskien sal hulle dan by die Here pleit en sal elkeen hom bekeer van sy verkeerde pad. Die Here het aangekondig dat Hy in sy gloeiende toorn hierdie volk swaar sal straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Miskien sal hulle smeekbede voor die Here neergelê word, en sal elkeen van hulle omdraai, weg van sy verkeerde pad; want die toorn en die woede waarmee die Here hierdie volk dreig, is baie groot.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien sal hulle vir die Here soebat dat Hy genadig moet wees en miskien sal hulle ophou om verkeerde dinge te doen, want die Here is baie kwaad vir hierdie mense. Hy het gesê Hy sal hulle straf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Miskien sal hulle bid en ophou om op so ’n slegte manier te leef. Die Here is baie kwaad. Hy het gesê dat vreeslike goed met sy eie mense gaan gebeur. Hy gaan hulle straf.”