Jeremiah 36:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom gaan jy en lees in die rol wat jy uit my mond geskrywe het, die woorde van die HERE voor die ore van die volk in die huis van die HERE op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar gaan jy op die volgende vasdag na die tempel toe en lees daar die boodskappe van die Here wat hier geskryf staan vir die volk. Lees dit sodat ook al die mense uit die verskillende dorpe in Juda dit kan hoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan jy dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die HERE voor die ore van die volk in die huis van die HERE, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom. |
| Afrikaans 1983 | Gaan jy op 'n vasdag en lees die boekrol waarin die woorde van die Here is wat ek vir jou gedikteer het. Die volk wat in die huis van die Here is en die hele Juda wat uit hulle stede gekom het, moet dit kan hoor. Jy moet dit vir hulle lees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaan jy dan en lees op 'n vasdag in die huis van die Here ten aanhore van die volk uit die boekrol die woorde van die Here wat jy uit my mond neergeskryf het. Jy moet dit ook voorlees ten aanhore van die hele Juda wat uit hulle dorpe kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet gaan en jy moet vir die mense alles gaan lees wat jy op die boekrol geskryf het, alles wat ek vir jou gesê het wat die Here gesê het. Jy moet dit op die vasdag lees in die tempel waar die mense jou kan hoor, ook al die mense wat uit die stede van Juda gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar gaan jy môre, wanneer dit die dag is waarop mense sonder kos bly, na die tempel toe. Gaan lees vir die mense uit hierdie boek wat die Here sê. Mense van al die stede in Juda sal môre daar wees. |