Jeremiah 36:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jeremia Barug, die seun van Neria, geroep, en Barug het uit die mond van Jeremia al die woorde van die HERE wat Hy met hom gespreek het, op 'n boekrol geskryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het toe vir Baruk seun van Nerija laat roep. Baruk het al die boodskappe van die Here wat Jeremia vir hom hardop voorgedra het, op ’n boekrol neergeskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jeremia het Barug, die seun van Ner¡a, geroep; en Barug het op 'n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die HERE wat Hy met hom gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Jeremia vir Baruk seun van Nerija geroep, en hy het al die woorde van die Here wat die Here vir Jeremia gesê het, opgeteken soos Jeremia dit gedikteer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Jeremia vir Barug, seun van Nerija, geroep, en Barug het uit die mond van Jeremia al die woorde wat die Here met hom gepraat het, in 'n boekrol geskryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jeremia het vir Baruk seun van Nerija geroep, en Baruk het alles op die boekrol geskryf wat die Here gesê het. Hy het geskryf wat Jeremia vir hom gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het toe vir Baruk die seun van Nerija geroep. Baruk het alles wat Jeremia hardop vir hom voorgesê het, in ’n boek neergeskryf. Die boek was in so ’n vorm dat dit opgerol kon word. |