Jeremiah 36:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe neem Jeremia nog 'n rol en gee dit aan Barug, die skrywer, die seun van Nería; wat daarin geskrywe het uit die mond van Jeremia al die woorde van die boek wat Jojakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en daar is buitendien baie soortgelyke woorde by hulle gevoeg.
Afrikaans (NLV) 2011 Jeremia het toe weer ’n papier geneem en vir sy sekretaris Baruk gedikteer wat om te skryf. Hy het alles weer neergeskryf soos dit in die boekrol was wat koning Jojakim verbrand het. Jeremia het egter in hierdie boek nog baie boodskappe soortgelyk aan die ander bygevoeg.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Jeremia 'n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Ner¡a, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jojakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.
Afrikaans 1983 Jeremia het toe 'n ander boekrol gevat en vir die skrywer Baruk seun van Nerija gegee en vir hom gedikteer. Baruk het daarop alles geskryf wat op die boekrol gestaan het wat deur koning Jojakim van Juda verbrand is. Baruk het nog baie meer woorde soos daardie op die boekrol geskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Jeremia 'n ander boekrol geneem en dit vir die skrywer Barug, seun van Nerija, gegee. Hy het toe daarin, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die boekrol geskryf wat Jojakim, die koning van Juda, verbrand het. En nog baie soortgelyke woorde is bygevoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het toe 'n ander boekrol geneem en hy het dit vir die skrywer Baruk seun van Nerija gegee. Baruk het alles daarop geskryf wat Jeremia gesê het, alles wat op die eerste boekrol was wat koning Jojakim van Juda verbrand het. Jeremia het nog baie meer van daardie dinge gesê, en Baruk het dit geskryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia het toe weer ’n boek gevat en vir sy sekretaris Baruk gesê wat om te skryf. Hy het alles weer neergeskryf soos dit was in die boek wat koning Jojakim verbrand het. Jeremia het egter in hierdie boek nog gedagtes bygesit wat baie soos die ander was.