Jeremiah 36:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hom en sy nageslag en sy dienaars besoek oor hulle ongeregtigheid; en Ek sal oor hulle en oor die inwoners van Jerusalem en oor die manne van Juda bring al die onheil wat Ek oor hulle gespreek het; maar hulle het nie geluister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hom, sy familie en sy amptenare oor hulle sonde straf. Ek sal hulle en die inwoners van Jerusalem en ook al die mense van Juda tref met al die rampe wat Ek beloof het hulle gaan tref. Hulle wou nie na my waarskuwings luister nie!”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.
Afrikaans 1983 Ek sal hom en sy kinders en sy amptenare straf oor hulle sonde. Ek sal oor hulle en oor die inwoners van Jerusalem en oor die mense van Juda al die rampe bring waarvan Ek gepraat het. Hulle het mos nie geluister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal van hom en sy nageslag en sy dienaars rekenskap eis oor hulle sondeskuld. Ek sal oor hulle en oor die inwoners van Jerusalem en oor die mense van Juda al die onheil bring wat Ek oor hulle uitgespreek het. Maar hulle het nie geluister nie.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, die Here, sal hom en sy nageslag en die mense wat vir hom werk, straf oor alles wat hulle verkeerd gedoen het. En Ek sal al die slegte dinge wat Ek gesê het, met hulle laat gebeur, met hulle en met die mense van Jerusalem en met die mense van Juda. Hulle was nie gehoorsaam nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hom straf. Maar nie vir hom alleen nie, ook sy familie en sy amptenare. Ek sal dat al die rampe wat Ek beloof het die mense van Juda en Jerusalem tref. Hulle wou mos nie na my waarskuwings luister nie!”