Jeremiah 36:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE van Jojakim, die koning van Juda: Hy sal niemand hê om op die troon van Dawid te sit nie, en sy lyk sal bedags weggegooi word in die hitte en in die nag tot die ryp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here sê oor Jojakim, die koning van Juda, die volgende: Hy sal nie iemand uit sy familie hê om die koningskap van Dawid voort te sit nie. Hulle sal sy lyk buite weggooi en hom nie begrawe nie. Hy sal so oop lê in die hitte van die dag en in die koue van die nag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so spreek die HERE aangaande Jojakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here oor koning Jojakim van Juda, sal sy nageslag nie op die troon van Dawid sit nie. Jojakim se lyk sal weggegooi word en oordag in die son lê en snags in die koue. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Here oor Jojakim, koning van Juda: “Hy sal niemand hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê die Here nou oor koning Jojakim van Juda: Niemand van sy nageslag sal op die troon van Dawid sit nie. En sy lyk sal buite lê in die dag wanneer dit warm is en in die nag wanneer dit koud is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê oor Jojakim, die koning van Juda, die volgende: “Hy sal nie opvolgers uit sy familie hê om die koningskap van Dawid te laat aangaan nie. Sy lyk sal buite weggegooi word. Hy sal nie begrawe word nie. Hy sal so oop lê in die hitte van die dag en in die koue van die nag. |