Jeremiah 36:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Miskien sal die huis van Juda al die onheil hoor wat Ek van plan is om hulle aan te doen; dat hulle elkeen van sy verkeerde weg kan bekeer; dat Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde kan vergewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Miskien sal die mense van Juda ophou om verkeerd te doen as hulle al die slegte dinge hoor wat Ek vir hulle beplan. Dan sal Ek hulle oortredings en sondes kan vergewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe. |
| Afrikaans 1983 | As Juda hoor van al die rampe wat Ek oor hulle wil bring, sal elkeen hom miskien van sy verkeerde dade bekeer. Dan sal Ek hulle ongeregtighede en hulle sondes vergewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Miskien sal die huis van Juda hoor van al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat elkeen van hulle sal omdraai weg van sy verkeerde pad, en Ek hulle sondeskuld en sonde kan vergewe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien sal die mense van Juda ophou om verkeerde dinge te doen wanneer hulle hoor van al die slegte dinge wat Ek aan hulle wil doen. Dan kan Ek hulle sondes vergewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Miskien sal die mense van Juda ophou om verkeerd te doen as hulle hoor van al die slegte dinge wat Ek vir hulle beplan. Dan sal Ek hulle kan vergewe vir die verkeerde en slegte goed wat hulle gedoen het.” |