Jeremiah 36:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet vir Jójakim, die koning van Juda, sê: So spreek die HERE; U het hierdie rol verbrand en gesê: Waarom het u daarin geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal beslis kom en hierdie land verwoes en daarvandaan mens en dier laat verdwyn?
Afrikaans (NLV) 2011 Sê dan vir koning Jojakim van Juda: Die Here sê: Jy het die boek verbrand, want jy sê: Hoekom het jy daarop geskryf dat die koning van Babel hierdie land gaan verwoes en dat geen mens of dier gaan oorleef nie?
Afrikaans 1933/1953 En aangaande Jojakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die HERE: Jy het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?
Afrikaans 1983 Jy moet vir koning Jojakim van Juda sê: So sê die Here: Jy het die boekrol verbrand en gevra: “Waarom het Jeremia daarop geskryf die koning van Babel sal kom en hierdie land verwoes en sy mense en diere in ballingskap wegvat?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En oor Jojakim, koning van Juda, moet jy sê, ‘So sê die Here: “Jy het self hierdie boekrol verbrand terwyl jy sê, ‘Waarom het jy daarin geskryf: Die koning van Babilonië sal beslis kom en hierdie land verwoes en mens en dier daaruit laat verdwyn?’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy moet vir koning Jojakim van Juda sê: ‘Jojakim, jy het daardie boekrol verbrand en jy het gevra: Hoekom het Jeremia op die boekrol geskryf dat dit seker is dat die koning van Babel sal kom en dat hy hierdie land sal verwoes en al die mense en diere sal wegvat?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê vir koning Jojakim die Here sê: Jy het die boek verbrand omdat daarin gestaan het dat die koning van Babel hierdie land gaan verwoes. Geen mens of dier sou oorleef nie.”