Jeremiah 36:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom, nadat die koning die rol verbrand het, en die woorde wat Barug by die mond van Jeremia geskrywe het en gesê het: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het die boekrol wat Jeremia dikteer en Baruk geskryf het, verbrand. Nadat hy dit gedoen het, het die Here weer vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom die woord van die HERE tot Jeremia -- nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het -- en sê: |
| Afrikaans 1983 | Nadat die koning die boekrol verbrand het met alles daarop wat Jeremia vir Baruk gedikteer het om te skryf, het die woord van die Here tot Jeremia gekom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die woord van die Here het toe tot Jeremia gekom, nadat die koning die boekrol met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia neergeskryf het, verbrand het: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat die koning die boekrol verbrand het waarop Baruk die woorde geskryf het wat Jeremia vir hom gesê het, het Jeremia gehoor die Here sê vir hom: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer met Jeremia gepraat. Dit het gebeur na die episode toe die koning die boek stuk vir stuk verbrand het. Hy het gesê: |