Jeremiah 36:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die koning het vir Jeragmeël, die seun van Hammeleg, en Seraja, die seun van Asriël, en Selemja, die seun van Abdeël, bevel gegee om Barug, die skrywer, en die profeet Jeremia te neem; maar die HERE het hulle verberg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het die koning vir sy seun Jeragmeël, Seraja seun van Asriël en ook vir Selemja seun van Abdeël opdrag gegee om Baruk en Jeremia te arresteer. Maar die Here het Baruk en Jeremia weggesteek.
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die koning bevel aan Jer gmeël, die seun van die koning, en Ser ja, die seun van Asriël, en Sel,mja, die seun van Abdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die HERE het hulle verberg.
Afrikaans 1983 Toe beveel hy sy seun Jeragmeël en vir Seraja seun van Asriël en vir Selemja seun van Abdeël om die skrywer Baruk en die profeet Jeremia te arresteer. Maar die Here het hulle weggesteek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het Jeragmeël, seun van die koning, Seraja, seun van Asriël, en Selemja, seun van Abdeël, opdrag gegee om Barug, die skrywer daarvan, en die profeet Jeremia gevange te neem. Maar die Here het hulle weggesteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir sy seun Jeragmeël en vir Seraja seun van Asriël en vir Selemja seun van Abdeël gesê hulle moet die skrywer Baruk en die profeet Jeremia gaan vang. Maar die Here het vir Jeremia en Baruk weggesteek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die koning vir sy seun Jeragmeël, Seraja en ook vir Selemja opdrag gegee om Baruk en Jeremia te gaan vang. Seraja was ’n seun van Asriël en Selemja ’n seun van Abdeël. Maar die Here het Baruk en Jeremia weggesteek.