Jeremiah 36:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle was nie bevrees en skeur hulle klere nie, nie die koning of enige van sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning en sy amptenare het geluister na alles wat geskryf was, maar dit het hulle nie banggemaak nie. Hulle het ook nie hulle klere geskeur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie -- die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het; |
| Afrikaans 1983 | Die koning en al sy amptenare wat hierdie dinge gehoor het, het nie bang geword en hulle klere geskeur nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het, het nie gebewe of hulle klere geskeur nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning en al sy amptenare het nie bang geword toe hulle alles gehoor het nie, hulle het nie hulle klere geskeur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning en sy beamptes het na alles geluister wat geskryf was, maar dit het hulle nie bang gemaak nie. Hulle het ook nie hulle klere geskeur om te wys dat hulle jammer was oor alles wat hulle gehoor het hulle verkeerd doen nie. |