Jeremiah 36:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat Jehudi drie of vier blare gelees het, het hy dit met die penmes gesny en dit in die vuur gegooi wat op die vuurherd was, totdat die hele rol verteer was in die vuur wat op die vuurherd was.
Afrikaans (NLV) 2011 Baruk het die boekrol in kolomme geskryf. Elke keer as Jehudi drie of vier van hierdie kolomme voorgelees het, het die koning sy mes gebruik om dit uit die boekrol te sny. Hy het deel vir deel in die vuur gegooi. So het hy aangehou totdat hy die hele boekrol verbrand het.
Afrikaans 1933/1953 En elke keer het hy, as Jehudi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van 'n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.
Afrikaans 1983 Elke keer wanneer Jehudi drie of vier kolomme klaar gelees het, het die koning dit met 'n skrywersmes afgesny en op die vuur in die kolebak gegooi. Hy het so gemaak tot die hele boekrol in die vuur was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sodra Jehudi drie of vier velle gelees het, het die koning dit met 'n skrywersmes stukkend gesny en in die vuur op die kolebak gegooi, totdat die hele boekrol vernietig is in die vuur op die kolebak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke maal nadat Jehudi drie of vier stukke klaar gelees het, het die koning dit afgesny met 'n skrywersmes en dan het hy dit in die vuur gegooi wat in die kaggel gebrand het. Hy het aangehou totdat die hele boekrol verbrand was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baruk het die boek in kolomme geskryf. Elke keer as Jehudi drie of vier van hierdie kolomme voorgelees het, het die koning sy mes gebruik om dit uit die boek te sny. Hy het deel vir deel van die boek uitgesny en in die vuur gegooi. So het hy aangehou totdat hy alles verbrand het.