Jeremiah 36:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die koning het toe vir Jehudi gestuur om die rol te gaan haal, en hy het dit uit die kamer van die skrywer Elisama geneem. En Jehudi het dit gelees voor die ore van die koning en voor die ore van al die vorste wat langs die koning gestaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Jojakim het Jehudi gestuur om die boekrol te gaan haal. Hy het dit in Elisama se kantoor gaan haal en vir die koning voorgelees terwyl al sy amptenare bygestaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur die koning Jehudi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elis ma, die skrywer. En Jehudi het dit gelees voor die ore van die koning en van al die vorste wat by die koning staan, |
| Afrikaans 1983 | Toe stuur die koning vir Jehudi om die boekrol te gaan haal. Hy het dit uit die kantoor van die staatsekretaris Elisama gaan haal en vir die koning gelees in die teenwoordigheid van al die amptenare wat by die koning aan diens was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe stuur die koning Jehudi om die boekrol te gaan haal. Hy het dit gaan haal uit die kamer van Elisama, die sekretaris. Jehudi het dit toe, ten aanhore van die koning en al die hoë amptenare wat by die koning staan, voorgelees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning stuur toe vir Jehudi om die boekrol te gaan haal. Jehudi het die boekrol gebring uit die kamer van die sekretaris Elisama en hy het dit gelees vir die koning en vir al die amptenare by die koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Jojakim het vir Jehudi gestuur om die boek te gaan haal. Hy het dit in Elisama se kantoor gaan haal en vir die koning voorgelees terwyl sy amptenare bygestaan het. |