Jeremiah 36:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het by die koning ingegaan in die voorhof, maar hulle het die rol neergelê in die kamer van Elisama, die skrywer, en al die woorde voor die ore van die koning meegedeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die amptenare het die boekrol veilig in Elisama die sekretaris se kantoor weggebêre. Hulle het toe na die paleis toe gegaan en vir die koning alles oorvertel wat hulle gehoor het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het na die koning in die voorhof gegaan -- die rol het hulle weggesit in die kamer van Elis ma, die skrywer -- en al die woorde voor die ore van die koning gemeld.
Afrikaans 1983 Die amptenare het die boekrol in die kantoor van die staatsekretaris Elisama gebêre en toe is hulle na die koning toe in die voorhof. Hulle het hom alles vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe na die koning in die voorhof gegaan – die boekrol het hulle weggesit in die kamer van Elisama, die sekretaris – en ten aanhore van die koning oor al die sake berig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare het na die koning toe gegaan, hy was in die binneplaas. Hulle het die boekrol in die kamer van die sekretaris Elisama laat bly. Hulle het vir die koning gesê wat Baruk in die boekrol geskryf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die amptenare het die boek in die kantoor van Elisama die sekretaris gebêre en toe na die paleis toe gegaan. Hulle het vir die koning alles oorvertel wat hulle gehoor het.