Jeremiah 36:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem vir jou 'n boekrol en skryf daarin al die woorde wat Ek met jou gespreek het teen Israel en teen Juda en teen al die nasies, van die dag af wat Ek met jou gespreek het, van die dae van Josia af tot hiertoe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kry ’n notaboek en skryf al die boodskappe neer wat Ek vir jou oor Israel, Juda en die ander nasies gegee het. Begin so ver terug as die tyd van koning Josia toe Ek die eerste boodskap vir jou gegee het tot dié wat Ek nou vir jou gee.
Afrikaans 1933/1953 Neem vir jou 'n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Jos¡a af, tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Vat vir jou 'n boekrol en skryf daarop al die woorde wat Ek oor Israel en oor Juda en oor al die nasies met jou gepraat het vandat Ek met jou begin praat het in die dae van Josia tot nou toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Vat vir jou 'n •boekrol en skryf daarin al die woorde wat Ek met jou gepraat het oor Israel en Juda en oor al die nasies, vanaf die dag dat Ek met jou gepraat het in die dae van Josia, tot vandag toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet 'n boekrol neem en jy moet alles daarop skryf wat Ek vir jou oor Israel en Juda gesê het, van die tyd toe Josia koning was, tot nou toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kry vir jou ’n boek en skryf alles neer wat Ek vir jou gesê het oor Israel, Juda en die ander nasies. Begin so ver terug toe Josia koning was en Ek die eerste boodskap vir jou gegee het. Skryf dan verder al die ander dinge neer wat Ek vir jou gesê het, ook dit wat Ek nou vir jou gaan sê.