Jeremiah 36:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Barug hulle: Hy het al hierdie woorde met sy mond aan my gespreek, en ek het dit met ink in die boek geskryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baruk het hulle geantwoord: “Jeremia het vir my presies gesê wat om te skryf, woord vir woord. Ek het dit met ink op die boekrol neergeskryf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe. |
| Afrikaans 1983 | Baruk het hulle geantwoord: “Alles is vir my gedikteer en ek het dit met ink op die boekrol geskryf.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Barug het hulle geantwoord: “Met sy eie mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, terwyl ek dit met ink in die boekrol skryf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baruk het vir hulle gesê: “Ek het die woorde geskryf wat Jeremia vir my gesê het. Hy het vir my alles gesê en ek het dit geskryf in die boekrol wat hy vir my gegee het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baruk het hulle geantwoord: “Jeremia het vir my presies gesê wat om te skryf, woord vir woord. Ek het dit in ink in hierdie boek neergeskryf.” |