Jeremiah 36:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hom: Sit nou en lees dit voor ons ore. So het Barug dit in hulle ore gelees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die amptenare het Baruk genooi om te sit en uit die boekrol vir hulle voor te lees. Baruk het dit vir hulle voorgelees.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sê vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.
Afrikaans 1983 Hulle het vir hom gesê: “Sit, en lees dit vir ons.” Baruk het dit toe vir hulle gelees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vir hom gesê: “Gaan sit asseblief, dan lees jy dit, sodat ons dit met ons eie ore kan hoor.” Barug het dit toe ten aanhore van almal voorgelees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir hom gesê: “Sit asseblief en lees dit vir ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die amptenare het Baruk genooi om te sit en uit die boek vir hulle voor te lees. Hy het gemaak soos hulle gevra het.