Jeremiah 36:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het al die vorste vir Jehudi, die seun van Netánja, die seun van Selemja, die seun van Kusi, na Barug gestuur om te sê: Neem die rol in jou hand waarin jy voor die ore van die volk gelees het, en kom. Toe het Barug, die seun van Nería, die rol in sy hand geneem en na hulle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 het die amptenare vir Jehudi gestuur om Baruk te gaan vra om ook vir hulle die boodskappe wat hy vir die volk gelees het, te kom lees. Jehudi was die seun van Netanja en kleinseun van Selemja, en ’n agterkleinseun van Kusi. Baruk het die boek gevat en na die paleis toe gegaan waar hulle was.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur al die vorste Jehudi, die seun van Net nja, die seun van Sel,mja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Ner¡a, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.
Afrikaans 1983 Toe stuur al die amptenare vir Jehudi seun van Netanja, seun van Selemja, seun van Kusi na Baruk toe om vir hom te sê: “Vat die boekrol waaruit jy vir die volk gelees het en kom hier.” Baruk seun van Nerija het toe die boekrol gevat en na hulle toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe stuur al die hoë amptenare Jehudi, seun van Netanja, seun van Selemja, seun van Kusi, met 'n boodskap na Barug: “Die boekrol waaruit jy ten aanhore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom!” Barug, seun van Nerija, het die boekrol in sy hand geneem en toe na hulle gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe stuur die amptenare vir Jehudi seun van Netanja seun van Selemja seun van Kusi na Baruk toe om vir hom te sê: “Neem die boekrol waaruit jy vir die mense gelees het, en kom hiernatoe.” Baruk seun van Nerija het die boekrol geneem en hy het na hulle toe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het die amptenare vir Jehudi gestuur om Baruk te gaan vra om dit ook vir hulle te kom voorlees. Jehudi was ’n seun van Netanja en kleinseun van Selemja, en ’n agterkleinseun van Kusi. Baruk het die boek gevat en na die paleis toe gegaan waar hulle was.